Ons Besigheid
Ons hout is afkomstig van ons plaas Gemsbokpan geleë in die hartjie van Namibië. Die hout is afkomstig van dooie bome en bome wat omgeval het in die veld. Geen bome wat nog groei word afgekap nie. Met baie moeite word die dooie bome opgekap in die veld deur die plaaslike gemeenskap. Hulle werk en bly in die veld vir omtrent 3 weke op ‘n keer en gaan dan huis toe vir ‘n week, hierdie is harde werk!
Die hout word na ‘n sentrale punt gevat waar dit gekap, gesaag en verpak word. Ons laai dit dan op bakkies en sleepwaens en vervoer dit na die oplaaipunt toe. Daar word dit gelaai op ‘n 35ton trok wat dit dan vervoer na al ons verspreidingspunte in Suid Afrika.
Hierdie hout is uiters droog en swaar. Daarom word dit ‘n stadig-brandende en hoë temperatuur-hout genoem. ‘n Paar ander interessante feite sluit in dat dit bykans geen rook skep nie, ‘n natuurlike, welriekende geur het, ‘n groot hoeveelheid warm, brandende kole skep en vermors geen energie wat die vog verbrand nie.
Kameeldoring het die laagste voginhoud van enige bekende braaihout, aangesien dit deur die Afrika-son gebak word. Die voginhoud is tussen 0 en 1%.
Ons hout is baie gesog en gewild – soos julle kan sien het ons verspreiders regoor SA. Ons het ook genoeg voorraad vir ‘n hele klompie jare, maar wanneer die aanvraag te groot is spook ons om te sorg dat al die verspreiders voorraad het.